Maak maats met die pyn in jou kuite

2012-01-10 06:00

Ruan du Toit lei die ryers op die pragtige roete van die Contego Rock Pedal Classic in die omgewing van George in die Suid-Kaap.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's



George en omgewing is bekend vir buitelugaksie. Veldlopers, bergfietsryers, ystermanne en -vroue, naellopers en langasems van oor die hele wêreld heen kom kuier (of bly) hier om baat te vind by die uitstekende sport-infrastruktuur en sonskynweer wat die Eden-munisipaliteit bied.

Dis juis een van die redes waarom Jan Heenop van 24-7 Adventures jaarliks die Contego Rock Pedal Classic-bergfietswedren hier aanbied.

Dié trap rondom Cradockpiek is waaragtig 100% avontuur, en dis nie ’n fietsren wat jy wil aanpak voordat jou agterstewe goed bevriend geraak het met die fiets se sitplek nie.

Die RPC skop af by die Saasveld-kampus van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit en die eerste 20 km of so is heel rustig, al met die enkelspoor deur die plantasies en woude hier teen die Outeniekwaberge se hange.

Spaar jou asem, want ’n moordende klim wag op jou al met Montagu-pas langs.

Byt vas en maak maats met die pyn in jou kuite tot jy bokant die dorpie Herold uit-top en trap vir ’n vale al met die vlaktes van die Klein-Karoo langs tot by die wynlandgoed Louvain.

Die jaers ry van George in die rigting van Herold en terug. Hou maar ook die pad dop vir skilpaaie. Foto’s: Jacques Marais

Hier kan jy ’n lafenissie geniet voordat die moordende Voortrekkerpas jou in die gesig staar.

Wanneer jy by Hoekwil verbysuiker, weet jy die Contego Rock Pedal Classic se rug is gebreek. Al wat oorbly, is die finale klim terug tot by Saasveld en dan kan jy lekker smul aan ’n burger en skyfies (Spur is nogal een van die borge, dus hoef jy nie eens jou beursie uit te haal nie).

Hoewel voorste fietsryers soos Erik Kleinhans (wenner by Wines2Whales verlede jaar) en Dan Hugo (Xterra-kampioen) gesig kom wys het, was dit Ruan du Toit wat uiteindelik met die louere weggestap het, met Jaco Venter en Nico Fitzenmoie kort op sy hakke. Onder die vroue was Ariane Kleinhans net te goed vir haar teenstanders en dit was net Ischen Stopforth wat naby haar kon bly.

Die visie vir die Rock Pedal Classic is dat dit ’n bergfietsren sal word wat sowel top-ryers as naweek-stryders sal lok.

Indien die trapgogga jou dus gebyt het, wag daar goed vyf uur se trap op jou al met Eden se grondpaaie, passe en viertrekroetes langs.

Al die inligting wat jy mag benodig, is by www.24-7adventures.com. Gaan loer gerus!

  • Kontak Jacques per e-pos by jacques@jacquesmarais.co.za of bel hom by 083 444 5369 met enige opwindende avontuurgebeurtenisse of buitelugnuus.



Die jaers ry van George in die rigting van Herold en terug. Hou maar ook die pad dop vir skilpaaie.
Foto’s: Jacques Marais


Jan preek heelwat wyer
My ou maat van Stilbaai, Jan Heenop, ken dié omgewing soos die palm van sy hand, en bied onder meer die Merrell Eden Duo Avontuurwedren hier tussen George en Wildernis aan.
Jan is eintlik ’n dominee, maar sien sy roeping wyer.
“Met wedrenne soos die Eden Duo en Rock Pedal Classic gee ek gewone mense die kans om hul innerlike staal te toets.
“Die buitelug en ongelooflike natuurskoon bied die perfekte arena waar mense op ’n meer aardse manier met hul Skepper in aanraking kan kom,” sê Jan.
Wat Jan egter nie noem nie, is dat die uitmergelende roete – 100 km en met sowat 2 000 m se klim – en vurige temperature kan neig om jou in die Warm Plek te laat eindig.



binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Java Developer (Team Leader)

JHB - Northern Suburbs
Network IT Bruma
R35000 - R42000

Database Administrator

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.