Kromrivier se hut ideaal vir kleintjies

2012-01-17 00:00

Die Stellenbosch-afdeling van die Bergklub van Suid-Afrika (BKSA) het vroeër vandeesmaand ’n baie suksesvolle uitstappie na die Kromrivierhut gehad.

Ons was op soek na nuwejaarsblomme of nuwejaarslelies. Daar is besluit om dit ’n langnaweek te maak, aangesien dit die laaste naweek van die skoolvakansie was.

Die nuwejaarsblomme blom baie vroeg in die jaar en jou tydsberekening moet reg wees om hulle te vind.

Die Engelse naam van die blom, waterfall gladiolus, is ook ’n goeie beskrywing, aangesien hierdie blomme slegs groei by watervalle of op nat hange wat noord front.

Een van die mooiste beskrywings van hierdie nuwejaarsblomme kom van die Amerikaanse webblad www.strangewonderfulthings.com, wat dit beskryf as een van die wêreld se mooiste gladiolusse.

“Die inheemse Suid-Afrikaanse blom skree vir aandag. Dit is pure plesier wanneer hulle in blom is,” word hy op die Amerikaanse webtuiste besing.

Die Kromrivierhut, wat aan die Paarl-Wellington-afdeling van die BKSA behoort, is seker een van die toeganglikste bergklubhutte naas die Du Toitskloofhut.

Die 2.5 km-staptog na die hut is ideaal vir klein kinders, veral met die heerlike swempoel sowat 100 m vanaf die hut.

Vir die ervare bergklimmer of stapper is die hut ook die ideale basis van waar Kromrivierpiek, die Kromrivier Dome, Witteberg en vele ander plekke verken kan word (natuurlik met ’n geldige ­CapeNature-permit).

Dis ook die ideale oorslaapplek op pad na Springtygbeugel, nog ’n eiendom van die BKSA, of die Slanghoekafgrond.

My ander gunsteling-BKSA-hutte is die Agter-Tafelberghut en Thomashut bo-op Fonteintjiesberg, wat aan die Worcester-afdeling behoort.
Ongelukkig het die Stellenbossers se hut in die Banhoekvallei ongeveer tien jaar gelede heeltemal afgebrand.

Weens aanhoudende vandalisme is daar toe maar besluit om die hut nie te herbou nie. Dit beteken dat ons Stellenbossers nou maar op die goedgunstigheid van die ander afdelings moet staatmaak vir ’n lekker hut-uitstappie.

Die kinders het die laaste naweek van hul vakansie by die Kromrivierhut terdeë geniet en die swempoele sowel as die “sitvlakgly” was vet pret. Vir die ­“ouer” mense was dit nie net die swempoele nie, maar ook die pragtige fynbos wat betower het.
Ondanks die snikhete naweek was die veld rondom die Kromrivier Dome nog blommeparadys.

Daar was selfs nog ’n paar rooi-pienk en die roomkleurige koninginprotea (Protea magnifica) wat teen die hange geblom het.

Dit was ook interessant om die rooi disa (Disa uniflora) so vroeg te sien blom. Op Tafelberg blom hulle eers laat Februarie.

  • Peter Jan Randewijk is ’n vryskut-skrywer van Stellenbosch.

 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Java Developer (Team Leader)

JHB - Northern Suburbs
Network IT Bruma
R35000 - R42000

Database Administrator

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.