Kampeer in landelike Swellendam

2012-01-17 00:00

Daar is gesoute kampeerders wat reken Swellendam se munisipale woonwapark is een van die mooistes in die land.

Hier kamp jy in die skadu van lowergroen akker-, geelhout-, wilger- en kanferbome, met die Langeberg wat oor jou troon en die Koringlandsrivier aan die een flank.

Met Swellendam halfpad tussen Kaapstad en George geleë, is dit ’n gewilde oornagplek. Buitelandse toergroepe in huiswaens en sportgroepe word gereeld opgemerk.

Tydens die Coronation Double Century-fietswedren, wat jaarliks einde November aangebied word en al geruime tyd in Swellendam begin en eindig, is die plek tjokkenblok.

Die woonwapark is aan die rugkant van die historiese dorp geleë, wat vir ’n eg landelike atmosfeer sorg.

Goeie nuus is dat die munisipaliteit begin het om dit op te knap. Die riet-oordak by die ingang is reeds vervang en daar is ook begin met herstelwerk aan die rietdakke van die selfsorg-kothuisies.

Ander onooglikhede – soos vervalle braaiplekke, stukkende deurknoppe, verf wat afskilfer en ’n wasmasjien wat al geruime tyd buite werking is – sal hopelik deur die loop van vanjaar aandag begin kry.

Volgens dr. William Clayton, hoof van gemeenskapsdienste by die plaaslike munisipaliteit, kyk die nuwe raad tans na ontwikkelings- en opknappingsvoorstelle vir die terrein. Die werk kan dalk uitgekontrakteer word of die munisipaliteit kan dit in vennootskap met ’n diensverskaffer aanpak.

’n Aansuiweringsbegroting sal ook binnekort ter tafel gelê word, wat beteken dat instandhouding van die woonwapark sy gang sal kan gaan.

Hoewel die vier sentraal geleë ablusieblokke deurgaans skoon gehou word, kan veral die twee manskante baat vind by die beoogde opknapwerk. Nog ’n tameletjie is dat die staanplekke vroeër genommer en afgemerk was, maar dat dit met die jare verweer het. In die opknappingsproses sal ook hieraan aandag gegee word, sê Clayton.

Hy is voorts bewus van ’n gevoel onder sommige kampeerders dat hierdie ’n lawaaierige kampeerterrein is. ’n Geraasbeleid bestaan wel, benadruk hy, en noem dat mense wat in die kothuisies tuisgegaan het, onlangs by twee geleenthede daarop gewys is dat hulle weens hul rumoerige gedrag nie weer op die kampeerterrein toegelaat sal word nie.

In die hele Desember is daar net een klagte ontvang, en hy kan net enkele kere onthou wat daar probleme was met mense wat by kampeerders of in die huisies besoek afgelê het.

Die beleid is dat dagbesoekers net tot 20:00 toegelaat word en dat ander besoekers teen 22:00 uit die kamp moet wees. Dagbesoekers – en kerk- en skoolgroepe – gebruik ’n groot grasperk met braaigeriewe in die een hoek van die terrein.

Daar is altesaam 100 grasbedekte kampeerplekke op die terrein, waarvan 67 krag het. Die staanplekke is effe knap, met maksimum vier mense wat toegelaat word. Is die groep groter, moet vir ’n ekstra staanplek betaal word.

Vier staanplekke deel ’n kragpunt, terwyl braaiplekke, waterpunte, vullisdromme en sementtafeltjies met drie sitplekke deur die kamp versprei is. Net een voertuig word per staanplek toegelaat, hoewel uitsonderings tydens groot geleenthede soos die Double Century gemaak word.

Die 20 kothuisies het elk slaapplek vir vier mense en kan met of sonder beddegoed gehuur word (nuwe linne is ’n jaar gelede aangekoop). Elk het sy eie braaiplek.
Twee van die kothuisies word tans tydelik beset deur gesinne wie se huise in die buurt Rondomskrik in die slag gebly het toe ’n brandweerwa teen ’n afdraande op loop gegaan het.

  • Jackie Pienaar-Brink is ’n vryskutskrywer van Durbanville.

Swellendam, waar die Langeberg oor die woonwapark uittroon.Foto’s: JACKIE PIENAAR-BRINK

- Die Burger

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.