Harders ook lekker as gepekelde vis

2012-01-24 14:48

Vars harders van Muizenberg. Hulle word met treknette geland en smaak vorentoe wanneer hulle vars op die kole gebraai word. Foto: LISE BEYERS

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Vroeë Kersgeskenk het weereens vir groot plesier aan die smul-front gesorg.

My broer dra vroeg in Desember ’n streepsak vol harders by my aan wat by Muizenberg uit die see getrek is. Ek kan nie eens onthou wanneer laas ek ’n harder geëet het nie.

As kind het my pa dikwels harders en sardyne oor die kole gebraai.

Hulle is ’n uur lank toe-pens in growwe sout laat lê, afgespoel en drooggemaak, en dan net so skaars tien minute lank oor die kole gebraai.

Met die eetslag gaan ’n mes en vurk net tot frustrasie lei – jy eet daai klein silwer vissies met jou vingers.

En die ou manne van die Weskus eet hulle sommer so dat dit lyk asof hulle bekfluitjie met die vissies speel. As jy weer kyk, is daar net ’n netjiese string grate oor.

Harders het ons toe uit die sout-brak waters van die Duivenhoksrivier getrek, en sardyne is by die Griekse viswinkel in Seepunt gekoop.

Sardyne is olieriger visse as harders, en nadat jy ’n paar van die kole af verorber het, blink jou bakkies behoorlik.

En dit is hoe ek hierdie vissies ken, heel eenvoudig gaargemaak, net soos dit in die Bybelse tye gedoen is.

Maar iets waarvoor ek baie lief is, is gepekelde vis op die manier van rolmops berei.

Om dié self tuis te maak met harders, is lekkerder as enigiets wat kommersieel vervaardig word, en dis ook heel eenvoudig en pret.

Neem ses harders (dit maak nie saak of hulle gevries was nie, eintlik is dit beter so om van enige parasiete ontslae te raak), haal die skubbe af en die binnegoed uit.

Sny met ’n baie skerp mes vanaf die stertkant netjies teen die vis se ruggraat af om die filette te verwyder. Wanneer die filette mooi netjies voor jou lê, kyk hulle goed deur en trek enige oortollige graatjies met ’n fyn tang uit.

Los dan vier eetlepels sout in ’n halfliter water op in ’n groot genoeg plastiek- of vlekvryestaalbak en dompel die filette binne-in die pekelmengsel.

Laat die vis ongeveer drie uur lank in die pekelwater lê.

Maak intussen die volgende marinade:

Verhit ’n halfliter appelasyn, ’n koppie witwyn, 10 wonderpeperkorrels, 3 naeltjies, 10 swartpeperkorrels, 4 lourierblare, ’n teelepel mosterdsaadjies, 2 eetlepels bruin­suiker en ’n rooi ui wat in dun skywe gesny is, saam in ’n kastrol. Laat dit vyf minute lank prut en dan afkoel.

Droog die visfilette goed af, plaas ’n klein agurkie teen die stertkant van elke filet, rol netjies op en steek dit met ’n tandestokkie vas.

Plaas vier opgerolde filette styf teen mekaar in ’n groot genoeg gesteriliseerde glasfles en gooi dan die marinade oor die vis totdat die viswieletjies heeltemal bedek is.

Maak seker dat elke fles van die speserykorrels bykry, sowel as ’n lourierblaar en uieringe.

Bêre hierdie lekkerny minstens drie dae lank in die yskas voordat jy daaraan begin smul. Hulle raak net heerliker met die tyd en sal ’n maand lank nog eetbaar wees.

En om die vis mee af te sluk en aan die versengende hitte te ontsnap, maak ’n yskoue bottel De Wetshof Limelight oop, ’n verfrissende, vrugtige versnit van pinot noir en chardonnay uit die Robertson-vallei.

 

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

ERP Developer

JHB - Southern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R240000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.