VIDEO: Flip dink diep oor leeuliefde

2012-02-07 09:59

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

 Hoe hanteer Namibië se legendariese navorser dr. Flip Stander sy eensame lewe aan die Skedelkus, asook oorweldigende liefde vir die woestynleeus? EBEN HUMAN het met hom daaroor gepraat.


Dit sal vir die meeste mense ondenkbaar wees om ’n paar maande in ’n woestyn te bly sonder om ander mense te sien.

Die afgelope twee dekades het die leeunavorser dr. Flip Stander baie sulke lang alleentye gehad.

“Ek dink my langste tyd sonder enige kontak met ander mense was so vier maande in 2004,” het hy aan my gesê toe ek hom hieroor uitvra.

Stander was op ’n blitsbesoek aan die Kaap. Sy bejaarde ouers het ’n ruk vir hom op Möwebaai aan die Skedelkus kom kuier, en hy het hulle na Pretoria teruggebring. Die nuus dat hy in Suid-Afrika is, het soos ’n veldbrand versprei, en daar was dadelik versoeke vir praatjies in Johannesburg, Durban en Kaapstad.

Met sy besoek aan die Kaap was daar die geskiedkundige ontmoeting met dr. Quinton Martins, ’n man wat ook al diep in die hart van Kapenaars gekruip het met sy navorsing oor die luiperds in die Kaapse berge.

Buite was teenwoordig by hul ontmoeting in Simondium, en dit was verbasend om te sien hoe vinnig sulke twee wetenskaplikes waardevolle inligting uitruil.

Martins het Stander meer oor ’n nuwe vangmetode vertel. Hiervoor word ’n strik gebruik wat die dier vashou – sonder om hom te beseer – totdat hy vinnig met ’n verdowingspyl geskiet word.

Die Kaapse navorser wil Stander nou graag gaan wys hoe hy leeus met dié metode kan hanteer.

Stander het ook vir Martins nuus gehad oor nuwe tegnologie wat in Pretoria ontwikkel is om inligting oor diere met satellietbande te versamel.

Verlede Donderdagaand het hy lede van die Land Cruiser-klub by die Hoërskool Stellenberg in Bellville ook meer hieroor vertel.

Dit gaan nou ook moontlik wees dat leeus seine van hul posisies na een in die groep stuur.

Met satellietverbinding kan die diere dan gedurig dopgehou word om te sien wanneer leeus die groep verlaat en hulle weer by hom aansluit.

Klublede het ook ’n seldsame kykie in die navorser se dilemma van sy groot liefde vir die diere gekry. Meer as 100 leeus ken hy uit deur net na hul snorbaarde te kyk.

“Die metode van identifikasie is baie eenvoudig. Jy kyk net na die boonste rytjie snorhare en nommer hulle. Net bokant hulle is daar gewoonlik een of twee kolletjies op die leeu se gesig,” het Stander verduidelik.

Só het hy van elke leeu ’n verskillende patroon gedokumenteer en kan hy maklik elke individu met gesigfoto’s identifiseer.

Stander sê ’n navorser se intieme verhouding met die diere wat hy bestudeer, kan gevaarlik wees.

“Daar moet steeds ’n afstand gehou word. Uiteindelik moet objektiewe besluite oor die diere se lot volgens wetenskaplik gefundeerde data geneem kan word,” het die Namibiër verduidelik.

Terwyl Stander nog in die Eto­sha-wildtuin gewerk het, het hy ’n interessante studie gedoen oor al die leeus wat elke jaar om die wildtuin op plase geskiet word.

Die navorser het gevind daar is tussen 1982 en 1986 gemiddeld 37 leeus per jaar op plase geskiet nadat hulle uit Etosha gebreek het.

Hulle het baie keer deur gate gekruip wat vlakvarke gemaak is.

In 1989 het hy 141 van Etosha se leeus gemerk en toe die park se leeubevolking op 268 na 343 geskat.

Die navorser het die gebied om die wildtuin in blokke verdeel en presies getoon hoeveel leeus in elke blok geskiet is.

Die volgende voorstel was dat aan elke blok volgens hierdie data konsessies gegee word om leeus aan trofeejagters beskikbaar te stel. Met hierdie ekstra inkomste kon boere hul verliese dek en selfs ’n wins maak.

Daardie lang dae, weke en selfs maande alleen in die woestyn. Hoe kry hy dit reg? Hoe maak hy kos?

“Ek dink nie baie aan eet wanneer ek in die veld werk nie. Daar is altyd ’n groot sak mieliemeel, pakkies sop en uie. Dit hou my aan die gang.”

Stander sê van sy gelukkigste dae was toe hy saam met die Boesmans van die Kaudum gewerk het. Hier het hy ook ’n studie van luiperds gedoen.

Verlede week het hy sy data aan Martins beskikbaar gestel.

“Ek het die Boesmans se taal leer praat en hulle ook geleer hoe om leeus en luiperds met verdowingspyle te skiet met hul eie boog,” het Stander vertel.

Stander het die pyle aangepas om in sy punt verdowingsmiddels te bevat en sê die Boesmans was baie akkuraat oor ’n afstand van sowat 30?m.

Met die hulp van die Boesmans is ses leeus en 17 luiperds met verdowingspyle uit meestal voertuie geskiet.

Twee leeus wat vee gevang het, was baie ontwykend en die Boesmans het hulle te voet bekruip en geskiet.

Stander is dan seker ook die enigste buitestander wat al waargeneem het hoe ’n Boesman met sy pyl en boog op ’n leeu aanlê en skiet om kort daarna te sien hoe hy deur die slaap sy lê in die veld kry. Kliek hier vir 'n videogreep van 'n gesprek tussen dié bekende leeunavorser en 'n bekende luiperdnavorser.



binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Database Administrator

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

SQL Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.