Die ooievaar hou jou dop

2012-01-24 14:48

Die Khomeesdrif-kampeerterrein langs die Sonderendrivier. Daar is genoeg skadu vir jou tent. Foto: EBEN HUMAN

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's



Rykie Swart het haar kampreëls wat sy toepas, maar sy gee nie om as jy jou perd en hond na Khomeesdrif wil saambring nie.

Daar is ’n verskeidenheid voëls in hierdie omgewing, en jy kan ook in die somermaande verwag dat witooievaars hier hoog bo jou tent gaan draai.

Hopelik is jy nie só bygelowig dat dit jou gaan afskrik om ’n slag op Khomeesdrif te gaan afpak nie. Vir stedelinge is dit wonderlik om te weet daar is so ’n uitspanplek om die draai. Van die Moederstad se kant ry jy op die N2 by Botrivier en Caledon verby na die volgende dorp – Riviersonderend. Hier kan jy nog vinnig iets aanskaf wat jy dalk tuis vergeet het.

Dan ry jy 2 km terug in die rigting van Kaapstad en draai regs af na die Sonderendrivier met die nuwe kampeerterrein op sy walle.

Net 5 km grondpad en jy is by die kampeerplek.

Daar is nie elektrisiteit en kragpunte nie, en die ablusiegeriewe is ’n bietjie beperk. Alles is egter baie skoon en sindelik.

Dan was ’n mens ook baie dankbaar vir die skaduwee en gras in ’n naweek dat die son baie warm was.

Bootjies en kano’s is daar tot jou beskikking. Vat maar die spane en gaan roei op die rivier. Dit is gratis.

Rykie se man, Cansius, vul sy boerderywerk aan met houtwerk. Hy vervaardig ook doodskiste om die pot aan die kook te hou. Hierdie boer verskaf graag vleis aan sy kampeerders. As jy dalk die vleis tuis vergeet het, is dit geen krisis nie.

Om die kampeerterrein is dit oop en gelyk. Perde, honde en kinders het hier genoeg ruimte om sorgeloos te kan hardloop en spring.

Op warm somerdae boer almal egter in die rivier. Hier is lekker swempoele en karp, barbers en swartbaars wag vir dié wat hul visstokke saamgebring het.

Die walle oorkant die rivier is baie bosryk, en daar was verbasend baie paradysvlieëvangers en hoephoepe in die omgewing. Ander voëls wat die naweek opgemerk is, is die kuifkopvisvanger, Kaapse kanarie, geelvink, koningrooibekkie, geelbekwou, mikstertbyvanger en hadida.

In die ruigtes kon jy die vleiloerie hoor, en in die nag was daar uile, maar dit was ’n jakkals wat die stadshonde blykbaar benoud gemaak het.

Die honde het in ’n koor geprotesteer. Hulle was gou weer stil, en jy het geweet dat hierdie kampeerterrein ’n baie veilige plek is.

Vroegoggend het ons dorp toe geglip om ’n Sondagkoerant en vrugtesap te gaan koop.

Op pad terug het ons eers drie ruiters van een van die buurplase gekry. Ian Kingwill het toe kom groet terwyl foto’s geneem is. Hy is oor sy melkboerdery uitgevra en het my toe van hul kaasfabriek vertel.

Sondag het ons saam met ’n klompie mede-kampeerders ’n groot kring gemaak. In ons kring was my ou hardloopvriend Sybrand Mostert, Heinrich en Esther Eybers van Riviersonderend, asook Andrew en Sam Travers van Melkbosstrand. Die polisieman Koos-Yster Pieters was op sy stukke as baasstorieverteller. Potjiekos en potbrood van die boonste rak is opgetower. Op ’n warm dag is dit nie lekker om jou tentpenne op te trek nie.

Dit was hierna maar weer swaar om die Sonderendrivier se walle te verlaat en die besige N2 aan te durf na die betonoerwoud.
 

BESPREEK HIER

Tente en woonwaens word toegelaat. Daar is ‘n maksimum van 30 staanplekke.

Bring jou bergfiets saam. Daar is 27 km grondpad wat jy na Greyton kan ry.

Die plaasmark wat Saterdagoggende op Greyton aangebied word, is baie gewild.

Jou staanplek kos R200 per dag en dit dek die koste van vier besoekers. Dit kos R50 vir elke ekstra persoon en ‘n maksimum van ses per staanplek word toegelaat.

Die ablusiegeriewe sluit vier badkamers met warmwaterstorte en spoeltoilette in. Daar is ook ’n waskamer.

As jy ’n hond of perd wil saambring, moet dit vooraf met die eienaars bespreek word. Dit is beter om stiller tye hiervoor te kies wanneer jy en jou beste vriend op jul gelukkigste sal wees.

Die perde kan in kampe op die plaas gehuisves word waar daar ook voerkrippe is. Voer word nie aan die perde voorsien nie.

Kontakbesonderhede: Bel Rykie Swart om jou kampeerplek te bespreek by 0 028 261 1995 of

0082 937 0053; faks: 086 508 7424; e-pos: bookings@khomeesdrif.co.za; www.­khomeesdrif.co.za.


) Besoekers aan Khomeesdrif kan ook op ’n buurplaas kaas gaan proe.

Desirée Kingwill sê hul kase word van Jerseymelk gemaak en hulle gebruik geen preserveermiddels of kleursel nie. Die rennet wat in die kase gebruik word, is plantaardig.

Slegs kruie/speserye word gebruik vir geursels, soos bv brandnetel, peper, mosterd en komyn. Die Kingwills se grootste afsetpunt is elke Saterdagoggend by Greyton se mark.

Gaan maak ’n draai by die Kingwills as jy van hul kaas wil proe. Bel 0 028 261 1809 of 082 890 7156 om ’n afspraak te reël.


binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Database Administrator

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

SQL Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.