VIDEO: Christian goed vir bewaring

2012-02-20 15:39

Die verhaal van die leeu Christian, mak grootgemaak in ’n woonstel in Londen en uiteindelik in Oos-Afrika vrygelaat, is internasionaal bekend.

ANNELIE MARÉ het met een van sy voormalige eienaars gesels.



Om ’n mak leeuwelpie aan te neem en groot te maak was allermins deel van die jong Australiërs John Rendall en Anthony “Ace” Bourke se planne met hul aankoms in Londen.

Die twee was pas klaar met hul universiteitstudie, eintlik op pad om die wêreld te sien ná ’n tydjie in die hoofstad van die Swinging Sixties, Londen.

’n Terloopse besoek aan die afdelingswinkel Harrods het egter al dié planne omvergewerp.

“Harrods het destyds ’n hele dieretuin-afdeling gehad. En dit was daar, iewers tussen die Siamese katte en die lovebirds, of wat ook al alles daar te koop was, dat ons hierdie twee pragtige leeuwelpies raakgesien het,” vertel Rendall onlangs op ’n besoek aan Kaapstad.

“Hulle was net onweerstaanbaar. Ons het na hulle gekyk in daardie hokkie en gedink dit is net verkeerd, ons moet iets daaraan doen.”

Rendall het al sy spaargeld prysgegee om een van die dieretuin-leeutjies, ’n mannetjie, aan te neem.

“Ons het altyd geweet dit sal ’n tydelike reëling moet wees, dat dit nie vir ewig so sou aangaan nie. Ons het niks geweet van hoe jy ’n leeu behoort groot te maak nie.”

Tog is sorgvuldig beplan om in Christian se behoeftes te voorsien. Hy het die keldervloer van hul woonstel in King’s Road vir homself gehad, nooit ’n maaltyd misgeloop nie en kon gereeld op ’n oop stuk veld naby die woonstel oefening kry.

“Ons was omtrent agt mense wat na hom gekyk het – ons twee, ons meisies, die twee eienaars van die meubelwinkel (met die toepaslike naam Sophistocat) waar ons gewerk het, die vrou wat ons huis skoongemaak het en ons buurman, ’n fotograaf.

“Dit is dalk waarom hy so ’n vriendelike, vreedsame geaardheid gehad het. Hy was nooit honger nie, hy was nooit bang nie, en hy was nooit alleen nie.”

Christian het selfs ’n gruisbakkie gehad, nes ’n wafferse huiskat, wat hy volgens Rendall getrou gebruik het.

Dit was ’n Italiaanse vriendin wat hulle uiteindelik ’n plan vir Christian se toekoms help beraam het.

Hulle sou hom na George Adamson, die bekende Britse bewaringsaktivis en leeukenner in Tanzanië, bring en hom uiteindelik in die wildernis vrylaat.

“Hy was omtrent ’n jaar oud toe ons hom na Afrika gebring het. Ons het hom ’n jaar later weer besoek en hom die laaste keer op 3½ jaar oud gesien. George het hom lank daarna nog in die veld hoor brul, maar hy het nooit teruggekom vir kos of enigiets nie. Dit is tog wat ’n suksesvolle rehabilitasie behoort te wees.”

Ondanks die onsekerheid is Rendall vol vertroue dat Christian daarna ’n gelukkige lewe gelei het.

“Hy was eintlik op ’n jong ouderdom reeds fisiek groot in vergelyking met sy tydgenote, omdat hy nooit honger gely het of siek geword het nie.

“Indien hy gejag is, is ons taamlik seker ons sou daarvan gehoor het – iemand sou iewers met dié reuse-trofee gespog het.”

Die plaaslike gemeenskap sou Christian nie sommer net van kant maak nie. Nadat die jong leeu in ’n stadium een van hul koeie gevang het, het die eienaar eerder Adam­son om vergoeding genader as om die leeu dood te maak.

“Toe die storie eers op YouTube beland het, was daar niks wat ons daaraan kon doen nie. ’n Amerikaanse meisie het dit opgelaai. Toe las ’n Britse ou die musiek (nogal Whitney Houston se ‘I Will Always Love You’) by. Dit was wonderlik.” Volgens Rendall was Houston blykbaar glad nie beïndruk nie. Op ’n optrede in Brisbane verlede jaar was sy glo woedend toe ’n aanhanger versoek dat sy “daardie Christian-liedjie” sing.

Hoewel hulle nie direk by die You­Tube-video baat gevind het nie, meen Rendall dit is ’n beter bemarkingstrategie as wat hy en Bourke ooit vir hul boek, en die bewaringsboodskap wat hulle daarmee probeer oordra, kon bedink.

“Christian is ’n ware ambassadeur vir natuurbewaring. Wanneer ek die beeldmateriaal in skole wys, juig al die kinders en sê hulle wil ook ’n leeu hê.

“Vir die volwassenes gaan dit meer oor die reünie (waar Christian sy twee ‘ouers’ ná ’n jaar in die wildernis steeds herken en hulle aan twee leeuwyfies voorstel). Ek dink ons het almal al daardie gevoel gehad, wanneer jy verwyder is van mense vir wie jy lief is en hulle dan weer te sien kry.”

Rendall voel positief oor die beelde wat die wêreld ingestuur is.

“Op ’n emosionele vlak is dit dus ’n baie belangrike stukkie beeldmateriaal wat byna universeel weerklank vind, om te wys dat ’n leeu kan onthou, baie goed onthou, dat hy die kapasiteit het om mense lief te kry en dat hy die band aan ander leeus kan oordra.”

-Annelie Maré is ’n joernalis van Die Burger.



 
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Database Administrator

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

SQL Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.