Vertaling gee goeie beeld

2009-09-28 13:38

 

Die Vlaamse digter Herman de ­Coninck (1944-1997) is nie ’n on­bekende in Suid-Afrika nie. In 1996 was hy lid van ’n groep skrywers uit die Lae Lande wat ná die ­kulturele boikot weer die hand kom reik het.

Met sy beskeie, sensitiewe ­voor­drag en toeganklike poësie het hy toehoorders geboei. In sy ­essay­bun­del De cowboybroek van Maria Magdalena vertel hy van sy ­daar­op­vol­gende reise deur die land, ­onder meer na Witsand by die mond van die Breërivier én ­Witsand in die Noord-Kaap.

Hy was die prins van die Vlaamse poësie, as digter en kritikus. Die Afrikaanse vertaling van sy ­gedigte, Liefde miskien (1996), was só ’n sukses dat dit nou ’n uitgebreider uitgawe moontlik maak. Ek ­ver­wys na Die ­lenige liefde, ’n bloem­lesing uit al die digter se ­bundels, weer eens ­vertaal deur die gesoute Daniel ­Hugo. Dit bevat 20 van die eerste vertalings plus 30 nuwes. De ­Coninck was een van die “Vlaamse Neo-Realiste” wat ­om­streeks 1970 op die literêre ­toneel verskyn het. Hulle reageer teen die ingewikkelde “eksperimentele” werk van hul voorgangers en ­probeer poësie terug­bring na die gewone lewe en die omgangstaal. Een van sy ­bekendste gedigte uit dié tyd word in ’n ráák vertaling deur Hugo ­opgeneem:

Denkend aan vroeëre gedigte

Ons was jonk, ons het die taal

soos ’n perd bestyg en uitdagend

oor die velde gery, lasso’s

van woorde geslinger na alles

wat ons wou verower: O,

dit was dolle, roekelose ritte. Wees tog

maar versigtig, het die kritici ­agter ons aan geroep

En saans het die taal nog gestaan en natril,

op stal in ’n gedig, runnikend

van heimwee na die maan

en na die verste betekenisse.

Ek vind dit jammer dat die ver­­­taler in sy interessante tegnies ­georiënteerde inleiding nie ook sy keuse motiveer nie. Geen vertaling kan volkome reg laat geskied aan poësie se “heimwee” “na die verste betekenisse” nie.

Die bloemlesing plaas die Nederlandse tekste telkens teenoor die Afrikaanse vertaling. So ’n ver­­­ge­lyking laat inderdaad plek-plek my wenkboue lig. ’n Resensie bied nie ruimte vir uitgebreide ver­gely­kings nie. Vergun my wel die volgende ten opsigte van twee reëls uit “Vingerafdrukke op die ­venster”: Nederlands: “Dochter naast me voor het raam. Van haar houden / is de gemakkelijkste manier om dit alles te onthouden”. Afrikaans: “My dogter langs my voor die venster. Om van haar te hou / is die maklikste manier om dit alles te onthou”. “Houden van” is een van die wat Hugo self al ­genoem het “valse vriende” in ­Nederlands.

Dit lyk na Afrikaans, maar ­beteken nie ­­die­selfde nie. In dié ­geval hou dit veel intenser ­emosie in as die ­­­Afri­kaanse “hou van”, en ’n ­ver­taling met die volle ­gevoels­waarde is veel eerder “om vir haar lief te wees”. Toe­gegee die rym en klank­­­asso­siasie by die handhaaf van “hou” in Afrikaans is verleidelik, maar dit weeg nie op teen die ­verlies nie.

De lenige liefde gee desondanks ’n goeie beeld van de digter se werk. ’n Mens kan Hugo spesiaal dankbaar wees vir die een, uitstekend ­ver­taalde, vers wat hy ook nog uit die “nagelate gedigte” insluit. Dit ­verwoord onder meer die speelse huiwering van die woordwerker by die gedagte dat hy mag sterf ­terwyl hy die spelling van “doodskis” ­kontroleer: “?’n Mooi dood: om te sterf tydens die woord self”.?.?. De Coninck is onverwags oor­lede ­tydens ’n voordragreis.

)?PROTEA BOEKHUIS, PRETORIA. ­(SAGTEBAND, 132 BLADSYE, ISBN 978-1-86919-302-7.)

)?wium van zyl is verbonde aan die ­departement afrikaans en nederlands van uwk.

’’

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

iPhone Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R520000

CRM developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Business Analyst

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R480000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.