On Black Sisters' Street

2009-09-28 13:38

Vrouehandel en prostitusie, die belewenisse van Afrika-vroue wat onwettig in Europa ’n ­bestaan probeer voer – dit is die temas wat Chika Unigwe in haar nuutste ­roman On Black Sisters’ Street deurtrap. En sy doen dit nadat sy self op spykerhakke en in stywe leerrompies Antwerpen se rooiligdistrik aangedurf het om ­onwettige Nigeriese prostitute se verhale te hoor: die redes waarom hulle uit Afrika weg is en hul ­ervarings in Europa.

Sy plaas haar roman met gesag in Afrika én Europa: sy’s gebore in Nigerië en woon tans in België.

As skrywer is sy nie onbekend nie. Haar Engelse kortverhale het al verskeie toekennings ontvang onder andere van die BBC én die Statebond se kortverhaaltoekennings. Haar eerste Neder­lands­talige kortverhaal is met ’n Vlaamse ­literêre prys bekroon. Die verhaal “The Secret” was in 2005 ’n ­finalis vir die Caine-prys.

In On Black Sisters’ Street (oorspronklik in België gepubliseer) ontvou die stories van vier ­Afrika-vroue wat vanweë onhoud­bare omstandighede in hul vaderland desperaat na oor­le­wing en uitkoms elders op soek is.

Een vir een val hulle in die slap strik van Dele, ’n Nigeriese vroue­handelaar, wat hulle met skitterende beloftes na Antwerpen lok.

Dit duur nie lank nie of dit word duidelik hulle het pens en pootjies in ’n verwikkelde net van prostitusie beland, ’n net wat by die dag sy greep verskerp en hul drome in skerwe laat val. Nie alleen word hulle slag­offers van ’n land wat in ieder ­geval vreemdelingvyandig is en waar hulle boonop nog onwettig leef nie, maar ook slagoffers van mede-Afrikane wat meewerk aan hul ondergang. Maar Unigwe dweep nie met slagofferskap nie.

Sy speel met ’n a-chrono­logiese storielyn om die problematiek van jongmense wat prooi word van sosiaal-politieke en ekono­mie­se omstandighede in die ­Derde Wêreld onder die vergrootglas te plaas: hoe hul pogings om hulself deur studies of ander weë te red, dikwels tot niks lei nie en hoe die lokkende hersenskim van Europa byna ’n onvermydelike opsie word.

Unigwe pak dit met nugterheid aan en boonop het dié jong en ­belowende skrywer se skryfstyl tonne sprankel wat daarvoor sorg dat die roman nie die leser in ’n donker gat aftrek nie. Met dié boeiende verhaal bied sy ’n dwingende kyk op die immigrante-problematiek, vroue­han­del en prostitusie waar­mee ­Afrika en Europa ewe veel te make het. Dié ­onder­werp is al deels aangeraak deur Suid-Afrikaanse skrywer soos Rachael Lindsay met haar ­roman Rachael, Woman of the Night en Zazah Khuzwayo se ­outo­biografiese ­Never Been at ­Home. Hierby sluit Unigwe goed aan.

)?JONATHAN CAPE, LONDEN. (SAGTEBAND, 304 BLADSYE, ISBN 9780224085304.)

)?Annemarié van Niekerk is ’n letterkundige wat in Den Haag woon.

’’

 

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior .Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 160i 5-dr
2003
R 69,990.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.