Debuutdigter se natuurverse as watermerke van herinnering

2009-12-28 05:22

Vir taal- en poësieliefhebbers is die verskyning van ’n nuwe ­digbundel, veral uit ’n relatief ­onbekende oord, genoeg rede om die sjampanjeprop te laat skiet. Maar sit daar vonkel in die eerste teug? Of staan die skop van ’n ­debutanteborrel buite kyf?

Hoe onstabiel die begrip “goeie poësie” ookal geraak het, en hoe prekêr ookal die posisie van die nuwelingdigter en die taal waarin sy dig, moet die resensent tog ’n ­literêre meetlat aanlê. Dis immers digkuns waarmee ons werk, nie ­fotoboekies of verjaardagkaartjies nie. En tog was daar ’n ver­ontwaardigde ­gegons toe Bernard Odendaal ­onlangs op die Versindaba-­web­werf sekere leemtes in Bloot Mens, ’n debuut van Jelleke ­Wierenga, uitgewys het.

Lucie Möller is in Watermerke sterk ingestel op die Afrika-gegewe en die natuurskoon van die ­Waterberge, en op die gebrek aan water in die landskappe van ­Namibië en die Noord-Kaap. Só ’n verkenning en verwoording van die eie bodem kan ’n waardevolle bydrae lewer tot die inheemse ­poësie, veral waar die wêreld van ’n vroeëre digter soos Eugène ­Marais deur ’n nuwe stem her­besoek en herbesing word. Die vyf prikkelende afdelingstitels, wat begin met “Met fynhout en sterrestof” en eindig met “Tot alles vloei”, sê reeds iets van die ­betowering wat die omgewing vir dié digter en naamkundige inhou. Tog lei die benoemingsdrif en volgehoue ­aandag vir plekke, bome, bosse, varings, grasse, ruigtes, vleie, ­riviere, sade, stompe, riete, klippe, berge, diere, vuur, water, roetes, landmerke en kleure tot tematiese oorversadiging, ten spyte van die binding wat só tussen die 54 ­gedigte ontstaan. Soos vele ­debutante, is Möller nie alleen geneig om “ek” en “ons” mildelik te betrek nie, maar om beelde, motiewe en beskrywings oormatig uit te brei. Sy bring met woordoordaad egter mee dat die meeste gedigte aan hul potensiële trefkrag inboet. Daarteenoor toon die debuut van Loftus Marais dat dit moontlik is om uit die staanspoor sponta­neïteit met vormtug te versoen.

Hoewel waarnemings, gewaarwordings en gedagtegange in ­Water­merke op plekke oortuigend en vars verbeeld word (“doujong jare”; “ebbehoutdye”), doen die gedigte meestal doelbewus poëties aan en maak dit selfs ’n geforseerde indruk. Dit is slegs waar die ­digter “skoon leer skryf” (sic) en sy haar verse van oortollige ballas verlos dat ’n leniger vorm beslag kry, soos in “Hings”, “Bosvarke” en “Dood van die bruinhiëna”.

Lesers wat nie soveel waarde heg aan die gestroopte, vaart­belynde vers nie, mag deur die skilderagtige ­natuur­beelding meegevoer word.

Aan die positiewe kant word ­etlike gedigte meer as bloot ­visuele voorstellings, en roep dit iets op van wat agter of verby die ­kon­krete werklikheid lê. Meerduidigheid stel hoë eise aan ’n ­debutant, maar is by Möller reeds in die kiem aanwesig en gaan ­dikwels met ’n ondertoon van ­weemoed of nostalgie gepaard. Die ­geheeleffek word meermale deur on­funksionele opstapeling en ­­­her­haling vertroebel, soos reeds blyk uit die inleidende gedig ­“Rigting­wysers”.

Dit sou onbillik wees om die werk van ’n beginnende digter met dié van ervare woordsmede te ­vergelyk, maar die vrugbare boustof wat Möller vir haarself toe­eien, word op tegniese vlak nog nie ten beste ontgin nie. Meer gisting is nodig, en minder suiker. En tog verras die bundel met verse soos “Rondom geboortevure” waarvan die beelde lesers lank sal bybly; en “Dermsnaardans”, waar die ­inkantasie-effek van “soet ­makataan”, “ryp makataan” en “swaar makataan” die magie van die dans én die gedig naboots. Daar is meer gedigte wat treffende momente ­bevat, maar nie almal bevredig nie.

Die bundel is kunstig versorg, met op die voorplat ’n gedetailleerde afbeelding van ’n roesrooi blaar teen ’n oker agtergrond. Dit skakel met die fokus op natuurdinge en kan as ’n watermerk van die digter se ervaringswêreld, herinneringe en poësie beskou word.

 - PROTEA BOEKHUIS, PRETORIA. ­(SAGTEBAND, 80 BLADSYE, ISBN 978 1 86919 312 6.)

 - Zandra Bezuidenhout is ’n digter van Stellenbosch.
 

- Die Burger

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior .Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 160i 5-dr
2003
R 69,990.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.